Wie is André Bartlett?

André Bartlett

André Bartlett is een van die prominentste kampvegters vir gay-regte in die NG Kerk.

André Bartlett was predikant van Aasvoëlkopgemeente.

In Ferdie Mulder se boek Opgestaan word gesê dat Bartlett vir Julian Müller baie nou bygestaan het in die saak teen Ferdie Mulder. Kan ’n mens dus aflei dat Bartlett ook Jesus se liggaamlike opstanding bevraagteken of dat dit ten minste nie vir hom baie belangrik is nie?

In September 2007 woon hy ’n tradisionele Afrika seremonie by waar geeste van dooies in Tanzanië opgeroep word en na Suid-Afrika gebring word (kyk Kaders kom huis toe vir laaste rus).

In Januarie 2012 word hy aangestel as hoof van Excelsus, die sentrum vir bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria. Dit sluit ook Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) in. (Kyk Raad aan NG studente ná André Bartlett aanstelling by Tuks.)

In September 2016 vra hy in ’n persoonlike hoedanigheid omverskoning aan die homoseksuele gemeenskap nadat die 2015-besluit oor homoseksualiteit opgeskort is en hy bedank uit die ASM (algemene sinodale moderamen).

In Maart 2017 vereer die teologiese fakulteit van UP hom as een van die eeu se verskilmakers. Albert Geyser en Andries van Aarde is ook op die lys.

In September 2018 koördineer hy ’n gay petisie nadat Chris van Wyk gesê het: “Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie … ook op soortgelyke wyse moet aanvaar.” (Kyk My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte). Hierdie besorg vir Bartlett ’n tugklag wat tans aan die gang is.

In Oktober 2018 word hy moderator van die Hoëveld Sinode (kyk Hoëveld kry ’n nuwe span leiers).

Kyk ook

Die volgende is hoe André Bartlett se Facebook profiel gelyk het op 22 Maart 2019. Dit wys duidelik wat vir hom belangrik is – gays se menseregte.

2 thoughts on “Wie is André Bartlett?”

  1. The Quran does not allow gay marriages, if u are a priest and you have studied the scripture u will read that polygamy in Islam is allowed for a man to marry more than one woman and that too is circumstantial

    But it does not say that gay marriages are allowed

    Since you are taking verses out of the Quran and not reading to understand it properly

    Why don’t u just become a Muslim it will suit you better

  2. Ek is nie geskok oor dit wat ek hoor of lees van individue wat verwronge uitsprake names ons Skepper en sy Woord kwyt Raak nie. Die Bybel waarsku ons ernstig teen sulke boelies (Doemprofete) wat hul mekabere drange en gedagtes wil regverdig en sodoende nie gesien wil wees as daardie eensame stem in die wildernis nie. Ongelukkig is dit gewone Christene wat dalk meer staat maak op wat die Dominee se en nie veel het aan eie Bybelstudie, wat makliker aan die neus gelei kan word. Sonder die “Wapenrusting” is ons almal n maklike prooi om verskeur te word. God regeer en Sy regverdige oordeel en liefde is vir alle mense, selfs die boelies van ons samelewing!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui