2007 NGK homoseksuele besluit

Kyk ook:

Die volgende is die amptelike besluit van die NG Kerk oor homoseksualiteit, geneem in Junie 2007.

Oorspronklik: www.kerkargief.co.za/acta

Aan die onderkant is ook kommentaar oor die besluit.

**********

Verslag Homoseksualiteit Voorstel van Taakspan Moderators

Hierdie aanbevelings vervang alle aanbevelings vanaf 5.1 op bladsy 19 tot 5.13.2 op bladsy 21.

Die Algemene Sinode besluit soos volg:

1. Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betenisvol binne die konteks te interpreteer.

2. Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God; die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense.

3. Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug.

4. Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ’n huwelik beskou kan word.

5. Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.

6. Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ’n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie.

7. Die verlening van predikantsbevoegdheid is ’n funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ’n selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word.

8. Die AS erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.

Kommentaar

Hierdie verklaring is glad nie baie duidelik nie. As jy weer deur elke punt lees is daar nie een punt wat sê dat homoseksualiteit sonde is nie. Hier volg die besluite weer met kommentaar tussenin:

1. Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betenisvol binne die konteks te interpreteer.

[Hierdie is ’n inleidende stelling wat glad nie nagekom word nie. Die Bybel is baie duidelik oor homoseksualiteit. Kyk Die Bybel oor Homoseksualiteit.]

2. Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God; die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense.

[Hierdie stelling is glad nie van toepassing op hierdie kwessie nie. Die vraag is wat die motief van hierdie stelling is. Is dit om mense sag te maak om ’n minder veroordelende standpunt teenoor homoseksualiteit in te neem?]

3. Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug.

[Hierdie stelling is ietwat problematies: ’n Mens sou seker kon redeneer dat selfs mense wat homoseksueel geörienteerd is, welkom is in die kerk mits jy homoseksuele persone in dieselfde lig sien as mense wat sukkel met dwelms, drank, pornografie of ’n kort humeur. Dit is egter duidelik iets wat oorwin moet word.]

4. Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ’n huwelik beskou kan word.

[Weereens is hierdie stelling nie regtig van toepassing nie. Hierdie stelling behoort eerder by die verklaring oor huwelike.]

5. Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.

[Promiskuïteit beteken om meer as een seksmaat te hê (kyk Promiscuity, promiscuous en promiscuous). Dus sê hierdie stelling ook niks oor hierdie kwessie nie.]

6. Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ’n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie.

[Punt 6 sê bloot dat dit nie as alternatief as die huwelik aanvaar kan word nie (maar tog het die NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers, Ben du Toit en Kobus Gerber) gepleit dat homoseksuele huwelike gewettig word (kyk NGK vra SA parlement dat homoseksuele huwelike gewettig word (Okt 2006)).]

7. Die verlening van predikantsbevoegdheid is ’n funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ’n selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word.

[Punt 7 sê dat homoseksuele predikante wat selibaat lewe tot die predikantsamp toegelaat sal word. ’n Mens moet dankbaar wees dat hierdie punt in 2011 konsekwent toegepas is met Lulani Vermeulen (kyk NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant). Dit is egter nie ’n goeie uitgangspunt nie. Vir meer hieroor, kyk Ja vir homoseksualiteit mits jy selibaat bly?.]

8. Die AS erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui